Skip to content
Opens in a new window
Rassie bieg oor sy fout: ‘Ek moes Jesse op 13 hou’
26 August 2026

Rassie bieg oor sy fout: ‘Ek moes Jesse op 13 hou’

Rapport Praat Sport

About
Rassie Erasmus het vandeesweek verskeie kere die skuld aanvaar vir die Springbokke se nederlaag van 16-33 teen die All Blacks in die eerste Greatest Rivalry-toets op Ellispark.



Een fout wat hy gemaak het, is volgens hom om Jesse Kriel na vleuel te skuif ná Kurt-Lee Arendse se besering en sodoende sy middelveldkombinasie te ontwrig. In dié week se Rapport Praat Sport praat ons oor wat hy sê hy liewer moes doen.



Ons kyk ook vorentoe na Saterdag se tweede toets.



Hendrik Cronjé glo as die Bokke een of twee verstellings maak, kan hulle Saterdag in Kaapstad met 15 punte wen.



Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport