zeno
Create a Station
Explore
Religious
Music
News
Podcasts
Bible
By Genre
By Location
By Language
Download App
Opens in a new window
Toggle Sidebar
zeno
Netwerk24 Klankgolwe
Rapport Praat Sport
Rugby
Afrikaans
Rapport se sportredaksie ontleed alles in die sportwêreld.
Website
Episodes
Episodes
109
15 July 2026
Louis de Villiers: Rassie is die ou met die meeste breins wat ek ken
Dié week sluit die legendariese rugbyskrywer Louis de Villiers hom op Rapport Praat Sport aan om Bok-rugby te gesels.Ons gesels oor die ongelooflike diepte wat Rassie Erasmus gebou het. Louis sê ook wie tans sy gunsteling-Springbokke is. Een is ’n slot en een is ’n heelagter. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel....
14 min
08 July 2026
Loftus-losiehouers briesend vir Saru voor Bok-toets
In dié week se episode van Rapport Praat Sport gesels ons oor die Springbokke se spogsege oor Engeland op Ellispark, en kyk vorentoe na die naweek se toets teen Skotland op Loftus Versfeld.Die kaartjie-konsternasie kry maar net nie end nie – nou is dit Loftus Versfeld se losiehouers wat kwaad is vir die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru).Ons gesels daaroor, oor hoe Rassie Erasmus sy Bok-span...
27 min
01 July 2026
Oud-Rose-flank Hendré: ‘Pollock is puik – los net die sideshows!’
Die Springbok-seisoen begin Saterdag in alle erns op Ellispark waar Engeland die Bokke inwag. Ons gesels op Rapport Praat Sport met die oud-Rose-flank Hendré Fourie oor dié kragmeting.Fourie het agt toetse vir Engeland gespeel, maar is nou terug in Suid-Afrika en “het weer te veel biltong en sonskyn gesien om steeds ’n bleekbeen te wees”. Hy staan vierkant agter die Bokke.Volgens hom is die...
12 min
24 June 2026
Waar is Iere wat Nienaber gas gee?
Die Ierse media is tjoepstil oor Jacques Nienaber nadat Leinster ’n tweede agtereenvolgende seisoen die Verenigde Rugbykampioenskap gewen het. Die voormalige Springbok-afrigter was weke gelede nog die sondebok gewees. Sport | Rapport
30 min
17 June 2026
Ackers: ‘Ek het begin wonder of ek ’n fout gemaak het...’
Die Bulle was met hul rug vierkant teen die muur vroeër in die Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen ná vyf nederlae op ’n streep. Maar toe keer hulle die skip om en Vrydagaand pak hulle die magtige Leinster in die eindstryd in Dublin.“Almal sal verstaan dat as ’n mens in so ’n gat is, begin jy wonder of jy die regte besluit geneem het, want ek kon langer by die Junior Bokke aangebly het. Ek het...
22 min
10 June 2026
Annerie oor T20-WB: ‘Ons droom oor wat kan gebeur’
Die Protea-vroue se jong veelsydige ster Annerie Dercksen sluit vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die T20-Wêreldbeker-toernooi wat die naweek begin.Dercksen sê die span put baie selfvertroue uit hul spogvertonings in die laaste paar Wêreldbeker-toernooie, waar hulle drie keer die eindstryd gehaal het. So nou en dan durf hulle droom oor wat dié keer kan gebeur.Ons wil baie...
19 min
03 June 2026
Sacha gekrok: Moet Manie of Pollie teen Rose begin?
Sacha Feinberg-Mngomezulu het een van die nuutste spelers op die Springbokke se krukkelys geword. Wie moet volgende maand vir die Bokke op losskakel teen Engeland begin?Dié week op Rapport Praat Sport gesels ons daaroor en wie dalk in Julie hul toetsbuigings kan maak. Sport | Rapport
29 min
27 May 2026
Jimmy oor SA Beker: ‘Gee vir ons TV-blasers!’
Jimmy Stonehouse sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy Puma-span se sege in die SA Beker-eindstryd. Hy praat breedvoerig oor die kompetisiestrukture in Suid-Afrikaanse rugby, en verduidelik die uitdagings waarmee hy te kampe het om elke jaar ’n bieliespan te probeer bou. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die...
30 min
20 May 2026
Embrose: ‘Ek is verslaaf aan ontledings’
Embrose Papier sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy droomseisoen. Dié skrumskakel het pas die Bulle se mees ervare nr. 9 van alle tye geword, en is boonop ná agt jaar terug in die Springbok-prentjie. Hy vertel ’n bietjie waaraan hy moes werk om terug in Rassie Erasmus se planne te kom, en sê wat van hom ’n goeie skrumskakel maak. Ons wil baie graag van jou hoor....
19 min
13 May 2026
Heyneke: ‘SA Beker selfs sterker as Curriebeker’
Heyneke Meyer sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die herlewing by die SWD-Arende.Die span het net-net kwalifikasie vir die Curriebeker-Premierliga misgeloop, maar hulself uitstekend van hul taak gekwyt in vanjaar se SA Beker-reeks.Meyer sê daar loop ’n paar toekomstige Springbokke in die SWD rond. Hy reken ook die gehalte van vanjaar se reeks was skitterend – “dalk...
27 min