Embrose: ‘Ek is verslaaf aan ontledings’
20 May 2026

Embrose: ‘Ek is verslaaf aan ontledings’

Rapport Praat Sport

About
Embrose Papier sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy droomseisoen.



Dié skrumskakel het pas die Bulle se mees ervare nr. 9 van alle tye geword, en is boonop ná agt jaar terug in die Springbok-prentjie.



Hy vertel ’n bietjie waaraan hy moes werk om terug in Rassie Erasmus se planne te kom, en sê wat van hom ’n goeie skrumskakel maak.



Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport