
08 May 2026
SkoolSlim | Kwytskelding, skoolgeld en finansiële druk op Afrikaanse skole
Maroela-onderhoude
About
Skoolgeld bly vir baie Afrikaanse skole die verskil tussen oorlewing en agteruitgang. Tog verstaan ouers nie altyd hoe afhanklik openbare skole van dié inkomste geword het nie. Dít is die fokus van die jongste episode van die #SkoolSlim-podsending waarin dr. Leandie Bräsler van die Skoleondersteuningsentrum met Carl van Rooyen, prokureur en beheerliggaamvoorsitter, gesels oor skoolgeld, kwytskelding en ouerverantwoordelikheid. Maroela Media