Minette Snyman
#KennersPraat
News
Afrikaans
#KennersPraat is Akademia se eie podsendingsreeks waar kenners vanuit ons eie geledere gesels oor temas waaroor ons almal wonder, of dit iets is wat jy in die nuus gehoor het of ʼn vraag waarmee jy nog altyd worstel.
Website
Episodes
22
29 March 2022
Die effek van skermtyd
In dié episode delf Rika Nieuwoudt en dr. Hercules Boshoff, dosent in Filosofie en Besigheidsetiek, op ʼn meer filosofiese wyse in die tema van skermtyd in.
8 min
28 March 2022
Is Afrikaans ʼn inheemse taal?
Dr. Annelise de Vries, dosent in Afrikaans Huistaal-onderwys en Afrikaans as Taal van Onderrig en Leer aan Akademia, beantwoord die vraag uit die taalwetenskap.
13 min
28 March 2022
Hoe bedreig die voorgestelde wetswysiging moedertaalonderrig?
In dié episode van #KennersPraat, word die tema oor die bedreiging van moedertaalonderrig in Suid-Afrikaanse skole bespreek. Prof. Gawie du Toit, dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde, gee meer insig oor wat die impak sal wees van die voorgestelde wysiging aan ons skolewet.
10 min
28 March 2022
Die begrotingsrede
Nikki Kennedy, dosent in Bestuursrekeningkunde en Belasting, lig die direkte impak uit wat die nuwe staatsbegroting op die individu het.
10 min
28 March 2022
Die gebrek aan moedertaalonderrig kos Suid-Afrika geld
In hierdie episode van #KennersPraat, Akademia se podsendingsreeks, is die fokus op #Moedertaalmaand wat in Februarie gevier word. Karien Brits, taalpraktisyn en deeltydse dosent in Sepedi, praat oor die negatiewe effek van die gebrek aan moedertaalonderrig op ons jeug asook die ekonomie.
12 min
28 March 2022
Wat is die proses en belangrikheid om ʼn nuwe hoofregter aan te stel?
Stephen Nel, dosent in Regsgeleerdheid, verduidelik alles wat ons moet weet oor die proses en die verwikkelinge om ʼn nuwe hoofregter aan te wys. Stephen vertel ook hoekom dit vir my en jou belangrik is om te weet wat in ons howe aangaan.
13 min
28 March 2022
Gesprekke oor Rusland en Oekraine
In die episode praat prof. Pieter Duvenage, dekaan van die Fakulteit Geesteswetenskappe, met Rika Nieuwoudt oor die gespanne politieke situasie tussen Rusland en die Oekraïne. Prof. Duvenage verduidelik ook wat die moontlike impak op Suid-Afrika sal wees indien die situasie vererger.
11 min
28 March 2022
Het jy al oor die veiligheid van jou persoonlike data wat jy aanlyn stoor of deel gewonder?
Het jy al aan iets gedink en die volgende oomblik verskyn ʼn advertensie daarvan op jou slimfoon?Jaco-Louis Kruger, stelselontwikkelaar by Akademia, verduidelik in die nuutste episode van #KennersPraat hoe jy jou aanlyn data beter kan beskerm.
11 min
28 March 2022
Hoe word kriptogeldeenhede belas?
Het jy al ooit gewonder hoe word kriptogeldeenhede soos bv. Bitcoin belas?Michelle Coetzee, vakhoof aan Akademia vir Belasting en Ouditkunde, brei uit oor die groeiende geldeenheid en hoe dit in Suid-Afrika belas word.
8 min
24 March 2022
Wat jy moet weet van Swart Vrydag
Dr. Salomien Boshoff, vakhoof en dosent van Ondernemingsbestuur aan Akademia, brei uit oor die oorsprong van Swart Vrydag. Dr. Boshoff gee praktiese raad vir ondernemings asook verbruikers rakende die groot inkopiedag.
10 min