#GROOTtrauma - Hierdie Week gesels Venita en dr. Jaco van Niekerk:
🔹 Mediese vasvra: Wat is die funksie van rooibloedselle?
🔹 MIV-genesingsnuus: Suid-Afrikaanse wetenskaplikes het baanbrekende resultate uit ‘n nuwe MIV-genesingsproef aangekondig. Ons bespreek wat dit beteken vir die toekoms van behandeling – en hoe Amerikaanse fondsbesnoeiings hierdie navorsing raak.
🔹 Mediese eerste in die VK: Die eerste baba is gebore aan 'n vrou met ‘n oorgeplante baarmoeder. Ons kyk na hoe dit werk, wie daarvoor kwalifiseer – en of dit dalk ook plaaslik moontlik is.
🔹 Wêreld Parkinsons-dag: Ons fokus op Parkinsons – wat dit is, hoe dit ontwikkel, en watter behandelings tans beskikbaar is.
🔹 Onderhoud: Marna Bolt gesels oor haar reis as versorger vir haar man met Parkinsons én die krag van Dance for Parkinsons.
🔹 Dr. Jaco se wenk van die week – hou jou gesondheid op dreef met ‘n eenvoudige, maar kragtige tip!