Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor:
Mediese vasvra: Wat is die meer algemene naam vir die limfatiese weefsels aan weerskante van die agterkant van jou keel?
Griepseisoen tref vroeg: Die 2025-griepseisoen is die vroegste sedert 2010. Wat beteken dit vir jou gesondheid? Dr. Jaco bespreek die waarde van die griepinspuiting – en wat jy kan doen as jy besluit om dit nié te kry nie.
Internasionale Gidshonddag: Pieter van Niekerk van die SA Gidshondvereniging vir Blindes deel hoe gidshonde ‘n impak maak op die lewens van mense met visuele gestremdhede.
Snork – meer as net ‘n geluid: Inligting oor oorsake, gevolge, behandeling én leefstylveranderinge wat help. Venita gee praktiese raad tydens hierdie spesiale fokus vir Stop Snoring Week.
Dr. Jaco se wenk van die week.