‘n 32-jarige vroulike polisiekonstabel word in die hospitaal behandel na sy Woensdagaand geskiet is. ‘n 35-jarige man is ook geskiet, en het gister weens sy wonde beswyk. Die voorval het in Embalenhle plaasgevind. Skote is gehoor, die polisie is ontbied en die slagoffers is met ernstige skietwonde langs ‘n voertuig aangetref. Die verdagte, ‘n 35-jarige man, is tussen Potchefstroom en Ventersdorp in Noordwes vasgetrek. Die motief vir die skietery is tans onduidelik. Volgens die polisie kan dit moontlik met huishoudelike geweld verband hou. Polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli: 100.5FM Radio Laeveld Nuus