Varsproduktemark glo sonder goedgekeurde bouplanne opgerig
14 October 2025

Varsproduktemark glo sonder goedgekeurde bouplanne opgerig

100.5FM Radio Laeveld

About
Die DA in Mpumalanga het die provinsiale regering veroordeel vir die bou van die Internasionale Varsproduktemark sonder goedgekeurde bouplanne. Tersia Marshall van die party merk dat dit meer as R2 miljard gekos het, maar steeds onoperasioneel is omdat die Mbombela-munisipaliteit weier om 'n okkupasiesertifikaat uit te reik, 'n wetlike voorvereiste vir enige gebou om wettiglik in gebruik geneem te word.