Twee rondloperleeus vernietig
21 April 2025

Twee rondloperleeus vernietig

100.5FM Radio Laeveld

About
Die Mpumalanga Toerisme en Parke-agentskap sê hulle het twee rondloperleeus van kant gemaak. Berigte is ontvang van vier leeus wat verlede Sondag uit die Krugerwiltuin ontsnap en in die Bosbokrand-omgewing opgemerk is. Die waarnemende uitvoerende beampte van die MTPA, Justus Mohlala, sê dit was moontlik minder as vier leeus en hulle kan nie seker wees uit watter reservaat hulle ontsnap het nie. Hulle sal egter aanhou soek tot hulle trevrede is daar loop nie meer leeus vry rond nie. Digte plantegroei en die voortgesette bedreiging teen beeste het hulle genoop om die moeilike besluit te neem.