Twee met onwettige jaggewere verskyn vandag in Kabokweni-hof
17 December 2024

Twee met onwettige jaggewere verskyn vandag in Kabokweni-hof

100.5FM Radio Laeveld
About
Twee verdagtes wat verdink word van moontlike stropery is vroeg gisteroggend by huise in onderskeidelik Kabokweni en Pienaar gearresteer weens die besit van ongelisensieerde vuurwapens. Elk was in besit van vier jaggewere. Volgens die polisie in Mpumalanga sal ballistiese toetse bepaal of die wapens in die pleeg van misdade gebruik is en nog aanklagte kan teen hulle gevoeg word. Hulle verskyn vandag in die hof in Kabokweni. 100.5FM Radio Laeveld Nuus