Soektog na vermiste vliegtuig wat sein verloor op pad na KMIA
17 October 2025

Soektog na vermiste vliegtuig wat sein verloor op pad na KMIA

100.5FM Radio Laeveld

About
'n Cessna 206-vliegtuig is nog nie gevind nie nadat dit gister kort na hy opgestyg het vermis geraak het. Die vliegtuig was op pad na Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe toe. Dit het om 13:23 vanaf King Mswati III Lughawe in Eswatini vertrek en om 13:37 sein verloor. Gregory Critchley van die Lugvaartkundige Reddingskoördineringsentrum, het bevestig dat daar slegs een persoon aan boord is.