Die Mpumalanga Premier, Mandla Ndlovu, het die ministeriële afvaardigings van Suid-Afrika en Mosambiek verwelkom wat vandag in Malalane vergader vir gesprekke oor veiligheid, handel en grensbeheer. Dit volg na politieke onlus in Mosambiek al weke lank vragvervoer en reis by Lebombo-grenspos ontwrig. Die Suid-Afrikaners is gelei deur die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, en sluit die ministers van Verdediging, Handel, die Polisie, en Binnelandse Sake in. Ndlovu sê 'n oplossing om stabiliteit te herstel is noodsaaklik vir beide lande. 100.5FM Radio Laeveld Nuus