Die premier van Mpumalanga, Mandla Ndlovu, sê die provinsie se ligging, aangrensend met Mosambiek en Eswatini, is voordelig en nadelig vir sy ekonomie. Hy het president Cyril Ramaphosa gister tydens ‘n bilaterale vergadering tussen ander ministers en die provinsiale uitvoerende gesag gevra om die voortslepende betogings in Mosambiek, weens ‘n bestrede verkiesingsuitslag, met president Filpe Nyusi op te neem, omdat die provinsie ook daaronder ly. Ndlovu sê die spanning in Mosambiek het ‘n negatiewe uitwerking op die provinsie se ekonomie. Hy sê Mpumalanga dra die swaarste aan die las van onwettige en ongedokumenteerde immigrante met talle negatiewe gevolge wat insluit oorgrensmisdaad, ‘n toename in misdaad in plaaslike gemeenskappe en onwettige mynbou. 100.5FM Radio Laeveld Nuus