Die polisie, mediese nooddienste, en private sekuriteitsmaatskappye monitor ‘n situasie in Sabie waar ‘n groep onwettige mynwerkers ondergronds in ‘n verlate mynskag vasgekeer is. Die polisie skat daar is ongeveer 150 mense. Drie van hulle is glo dood. Twee buitelandse burgers is saam met vier Suid-Afrikaners suksesvol gered. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, is dit gister ontdek. Hulle is glo deur ontvoerders gedwing om onder gevaarlike en haglike omstandighede goud te myn. Wetstoepassingsagentskappe monitor die situasie aktief. 100.5FM Radio Laeveld Nuus