Ma en seun slaan nominasies los by Afri-Indie-toekennings
31 July 2025

Ma en seun slaan nominasies los by Afri-Indie-toekennings

100.5FM Radio Laeveld

About
Die komponis Lizanne Barnard en haar seun, Adam, is elk benoem vir Afri-Indie-toekennings. Sy is ondermeer in die gospel-kategorie genomineer vir "Dwarshout" wat sy geskryf het vir die musiekblyspel "Crux". Adam is onder die verhoognaam Both Eyes Open benoem vir sy alternatiewe rock-album, "Virtua Love". Hulle gesels met die Middag Game Drive.