Curriebeker skop af in Mbombela met Pumas teen Griekwas
25 July 2025

Curriebeker skop af in Mbombela met Pumas teen Griekwas

100.5FM Radio Laeveld

About
Die Curriebeker se Premierafdeling skop vanaand sewe-uur af wanneer die Pumas die Griekwas verwelkom op Mbombela-stadion. Môremiddag drie-uur speel die Leeus en die Haaie op Ellispark in Johannesburg, en twee uur later kom Westelike Provinsie op die Kaapstad-stadion te staan teen sy aartsvyand, die Bulle. Die naweek se laaste wedstryd begin Sondagmiddag drie-uur in Wellington tussen Boland en die Cheetahs. Die Haaie is die verdedigende kampioen.