Skip to content
Opens in a new window
Wêreldwys | Opgedra aan Charlie Kirk | Ep. 96
06 August 2026

Wêreldwys | Opgedra aan Charlie Kirk | Ep. 96

Wêreldwys met Jaco Kleynhans

About
In dié week se episode van Wêreldwys besoek Jaco Kleynhans Turning Point USA se hoofkantoor en staan stil by die nalatenskap van die stigter Charlie Kirk, wat hom vir meer as ’n dekade beywer het om konserwatiewe idees op Amerikaanse universiteitskampusse te bevorder. Hy kyk ook na Phoenix, Arizona, een van Amerika se snelgroeiende stede en ’n toenemend invloedryke politieke spilpunt, en bespreek hoe demografiese en beleidsveranderinge dié staat se rol in die Amerikaanse politiek hervorm