zeno
Create a Station
Explore
Religious
Music
News
Podcasts
Bible
By Genre
By Location
By Language
Download App
Toggle Sidebar
zeno
RSG
Vers en Klank
TV & Film
Afrikaans
Voorlesings van gedigte, afgewissel met gepaste musiek.
Website
Episodes
300
21 April 2026
Vers en klank 21 April 2026
22 April is Wêreld Aardedag. Sophia van Taak en die voorleser, Hannah Borthwick, vier dié belangrike, wêreldwye bewaringsinisiatief met gedigte oor die natuur se skoonheid. Daar is ook verse wat ons as mense weer ’n slag herinner aan ons verantwoordelikheid as versorgers van die planeet.
16 min
14 April 2026
Vers en klank 14 April 2026
Voorleser Schoemé Steenkamp verken die element, lug, of dan nou lug in sy bewegende vorm: wind en asem. Dis iets waaroor ons eintlik gans te min dink – lug wat pal om ons en ook ín ons is. Trouens, daarsonder sou ons nie kon lewe nie! Daar is ’n paar verrassende filosofiese verse oor die wind.
20 min
07 April 2026
Vers en klank 7 April 2026
Ons ken haar as die sangeres van die destydse televisiereeks, Sonkring, se temalied. Ook as kaberetster wat al die werke van Piaf en Brel meesterlik vertolk het, en as liedjieskrywer en komponis met menige album agter haar naam. Maar nou het Helena Hettema ook begin gedigte skryf! Sy gesels met Sophia van Taak oor haar tweetalige debuutversameling, Journeyman, wat onlangs verskyn het.
18 min
03 April 2026
Vers en klank 3 April 2026
WEG Louw se reeks van ses sonnette, Die passie van ons Heer, bly sekerlik een van sy grootste bydraes tot die Afrikaanse letterkunde. Dit verskyn in 1944 by Constantia-uitgewers in die bundel, Adam en ander gedigte. Hierdie reeks verse lei ’n mens deur al die gebeure van Goeie Vrydag: van die laaste avondmaal af, na die tuin van Getsemane en die kruise op die koppie, tot by Jesus se begrafnis....
12 min
31 March 2026
Vers en klank 31 Maart 2026
In sy gedig, Mislukte Doel, vra Ernst van Heerden: “Wat is die lot van soveel woorde?” en “Kan ’n woordpyl ooit die aardekors deurdring?” Hiermee bedoel hy: het die skryf van gedigte dan enige nut? En wáárom hou digters hulle nog hoegenaamd daarmee besig? Vind uit saam met Sophia van Taak en voorleser Nienke Geldenhuys.
23 min
24 March 2026
Vers en klank 24 Maart 2026
Dit was onlangs Wêreld-Poësiedag. Hierdie inisiatief van UNESCO neem elke jaar verskillende gestaltes aan. Dit is natuurlik ’n poging om geletterdheid te bevorder, maar wil ook graag mense inspireer om hulleself met behulp van die digkuns te laat hoor. Sophia van Taak en Hannah Borthwick vier dié dag met voorlesings van gedigte oor, wel, gedigte! Ons hoor waar digters hulle inspirasie vandaan...
23 min
17 March 2026
Vers en klank 17 Maart 2026
Sophia van Taak en die voorlesers, Schoemé Steenkamp en Wilhelm van der Walt, sit die reeks oor AG Visser voort. Hierdie keer luister ons na van sy grappiger gedigte, asook ’n paar verse wat al volksbesit geword het.
19 min
10 March 2026
Vers en klank 10 Maart 2026
AG Visser word nie soseer gereken as een van ons mees intellektuele digters nie, maar tog is sy werk – ’n volle eeu nadat hy dit geskryf het – steeds gewild. Dink maar aan daardie ballade oor die Ruiter van Skimmelperdpan! Die rede hiervoor is dalk omdat sy poësie so eenvoudig, maklik verstaanbaar en dikwels ook vermaaklik was. Sophia van Taak begin met ’n kort reeks oor dié digter se werk. In...
20 min
03 March 2026
Vers en klank 3 Maart 2026
Sophia van Taak en die voorleser Julia Marone vier die volmaan met voorlesings van gedigte oor die maan.
16 min
24 February 2026
Vers en klank 24 Februarie 2026
Die digter en aktivis, Diana Ferrus, is op 30 Januarie 2026 in die ouderdom van 72 jaar oorlede. Sophia van Taak en Lee-Ann van Rooy bring hulde aan dié geliefde figuur met gedigte uit beide haar bundels – ONS KOMVANDAAN en DIE VREDE KOM LATER.
17 min