zeno
Home
Explore
Religious
Music
News
Podcasts
Bible
By Genre
By Location
By Language
Download App
Log in
Sign up
Toggle Sidebar
zeno
RSG
Taaldinge
Language Learning
Afrikaans
Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.
Website
Episodes
300
16 November 2025
Taaldinge 16 November 2025
Die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Taalkommissie, Suléne Pilon, het onlangs die 54ste Hertzog-gedenklesing gelewer oor die konseptuele metafore wat vir Afrikaans gebruik word. Sy vertel vir Ina Strydom wat haar ondersoek opgelewer het.
20 min
09 November 2025
Taaldinge 9 November 2025
In deel 2 van Ina Strydom se gesprek met die bekroonde vertaler, prof. Naòmi Morgan van die Departement Afrikaans, Nederlands, Frans en Duits aan die Universiteit van die Vrystaat, vertel sy hoe sy te werk gegaan het met die vertaling van Samuel Beckett se ONS WAG VIR GODOT. Beckett het dié drama eers in Frans geskryf, en ‘n paar jaar later self in Engels vertaal. Prof. Morgan het die 2025...
24 min
02 November 2025
Taaldinge 2 November 2025
Die bekende en bekroonde vertaler, prof. Naòmi Morgan van die Departement Afrikaans, Nederlands, Frans en Duits aan die Universiteit van die Vrystaat, vertel vir Ina Strydom meer oor die wetenskap en die kuns van vertaling, nadat sy vroeër vanjaar die gesogte UJ-prys vir vertaling ontvang het vir haar vertaling van Samuel Beckett se Ons wag vir Godot.
20 min
26 October 2025
Taaldinge 26 Oktober 2025
‘n Uitsonderlike publikasie oor die Afrikaanse kunslied het onlangs uit die pen van twee hoogleraars in vokale musiek by die Universiteite van Oklahoma en Furman in die VSA verskyn. Die bekende taalkundige, prof Ernst Kotzé, het as spesiale redakteur opgetree. Hy vertel vir Ina Strydom meer oor die boek, en wat dit só besonders maak.
17 min
19 October 2025
Taaldinge 19 Oktober 2025
Dit is welbekend dat Afrikaans op verskeie gebiede onder druk is, insluitend dat Afrikaanse skole al minder word. Dit lei daartoe dat al minder studente die vak Afrikaans op universiteit neem, en Afrikaans-departemente raak al kleiner. Die bekende taalkundige, prof. Wannie Carstens, vertel vir Ina Strydom meer oor ‘n voorstel wat hy het om dié neigings teë te werk.
24 min
12 October 2025
Taaldinge 12 Oktober 2025
Alet Cloete en Gerhard van Wyk van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is weer saam met Ina Strydom in die ateljee om luisteraars se taalnavrae te beantwoord. Hulle beantwoord onder meer ‘n vraag oor die gebruik van “sny” vir rentekoerse; en verduidelik waar iets soos oliekolonie vandaan kom, en wat dié verskynsel genoem word.
24 min
05 October 2025
Taaldinge 5 Oktober 2025
Die Afrikaanse Taal- en Letterkundevereniging is onlangs in Bloemfontein gestig. Die voorsitter van die ATLV, dr. Janien Linde van die NWU, vertel vir Ina Strydom wat die doel van die vereniging is, en waarom rolspelers dit tot stand gebring het.
20 min
28 September 2025
Taaldinge 28 September 2025
Wat is ‘n goeie Afrikaanse vertaling vir ‘n “wake”; en is dit korrek om te praat van ‘n driedubbele moord? Is huidiglik aanvaarbaar? Dié en ander taalnavrae word deur Gerhard van Wyk en Alet Cloete van die WAT beantwoord.
24 min
21 September 2025
Taaldinge 21 September 2025
Die deskundige getuienis van ‘n forensiese taalkundige, dr. Karien van den Berg van die NWU, het onlangs daartoe gelei dat die EFF-leier Julius Malema, in die Gelykheidshof skuldig bevind is aan haatspraak. Sy vertel vir Ina Strydom hoe taalkundige metodes en beginsels gebruik word om uitlatings te ontleed.
20 min
14 September 2025
Taaldinge 14 September 2025
Rolprentkenner Leon van Nierop vertel vir Ina Strydom wanneer vloek of kru taal in onder meer rolprente aanvaarbaar is. Hy praat oor geloofwaardigheid en konteks, en ook oor wanneer die gebruik van vloekwoorde onvanpas is of gewoon dui op ‘n lui skrywer. Hulle praat na aanleiding van die nuwe Afrikaanse rolprent MY F*K MARELIZE!
24 min