zeno
Home
Explore
Religious
Music
News
Podcasts
Bible
By Genre
By Location
By Language
Download App
Log in
Sign up
Toggle Sidebar
zeno
RSG
Spektrum
News
Afrikaans
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Website
Episodes
300
31 October 2025
Spektrum 31 Oktober 2025
Die Europse Unie hou die Nederlandse verkiesingsuitslag fyn dop te midde van die opkoms van verregse partye. President Donald Trump gee opdrag dat die VSA kernwapentoetse hervat. Lui dit 'n nuwe, gevaarlike tydvak in? Vrystaat Landbou is bekommerd oor die stand van infrastruktuur in die provinsie.
48 min
30 October 2025
Spektrum 30 Oktober 2025
OUTA sê daar is steeds 'n gebrek aan voldoende parlementêre toesig onder die sewende administrasie. Getuie C sit sy getuienis by die Madlanga-kommissie voort. Die KwaZulu-Natalse regering gaan volstoom voort met sy pogings om konstruksiemafias in dié provinsie te stuit. Suid-Afrikaners kort hulp om uit kloue van 'n mensehandel-sindikaat in Mianmar te kom.
44 min
29 October 2025
Spektrum 29 Oktober 2025
Nog getuienis word voor die Madlanga-kommissie gelewer oor die dag toe die sakeman en moordbeskuldigde, Katiso 'KT' Molefe, gearresteer is. Israel verwerp die VN se spesiale rapporteur, Francesca Albanese, se jongste verslag oor die menseregtesituasie in die besette Palestynse gebied. ActionSA se konsepwetsontwerp om politieke meningspeilings te reguleer, ontlok reeds kritiek.
50 min
28 October 2025
Spektrum 28 Oktober 2025
Baie skole is swak voorbereid om die euwel van boeliegedrag, wat jaarliks 3,2 miljoen leerlinge raak, te hanteer. Die Verenigde Nasies se Spesiale Rapporteur oor die Besette Palestynse Gebiede, Francesca Albanese, sit haar besoek aan Suid-Afrika voort met 'n boodskap vir universiteite. ’n Reuse orkaan, wat na 'n kategorie vyf storm opgegradeer is, is op pad na die Karibbiese eilandnasie, Jamaika.
51 min
27 October 2025
Spektrum 27 Oktober 2025
'n Ballistiese kenner van die polisiediens getuig op Dag 18 van die Madlanga-kommissie in Pretoria. Die Kommissie vir Geslagsgelykheid is bekommerd oor die feit dat geslagsgebasseerde misdaadsake toenemend teruggetrek word. In die Oos-Kaap is uitspraak voorbehou in die Nasionale Vervolgingsgesag se saak teen die kwytskelding van die Nigeriese tele-evangelis, Timothy Omotoso.
51 min
24 October 2025
Spektrum 24 Oktober 2025
Die oudminister van polisie, Bheki Cele, glo Riah Phiyega was nie die regte keuse vir nasionale polisiekommissaris nie. Getuie C begin getuig voor die Madlanga-kommissie van ondersoek. OUTA is omgekrap oor die heraanstelling van Inseta se bestuurshoof. Ierland stem vir 'n nuwe president.
45 min
23 October 2025
Spektrum 23 Oktober 2025
Oud-polisieminister Bheki Cele begin sy getuienis voor die Parlement se ad hoc-komitee, met plofbare getuienis én 'n stekie na Korrektiewe Dienste. Dit gons oor die ontbinding van die Gautengse Misdaadvoorkoming-bewaardersprogram, ook bekend as die AmaPanyaza. Oudpresident Jacob Zuma het 60 dae om meer as R28-miljoen rand aan die staat terug te betaal, of hy is sy pensioen kwyt.
49 min
22 October 2025
Spektrum 22 Oktober 2025
Die jongste inflasiedata wys 'n geringe styging. Die polisie se topbestuur besoek die geweldgeteisterde Westbury in Johannesburg waar twee jeugdiges gister doodgeskiet is. Ons praat met Action Society oor die veroordeelde seksoortreder, Jeffrey Donson, wat steeds burgemeester van Kannaland is.
47 min
21 October 2025
Spektrum 21 Oktober 2025
'n Speurder het vanoggend sy getuienis in-camera voortgesit voor die Madlanga-kommissie, terwyl Senzo Mchunu in die Parlement wéér ontken dat hy vir Brown Mogotsi ken. Ons praat met die Kaapse Vlakte Veiligheidsforum oor geweld en skietery in gebiede waar matrieks vandag eksamen skryf. Japan het vir die eerste keer ’n vrou as eerste minister
50 min
20 October 2025
Spektrum 20 Oktober 2025
'n Speurder, Getuie A, het vanoggend met sy getuienis voor die Madlanga-kommissie begin. Die omstrede sakeman, Vusimuzi "Cat" Matlala, wat vroeër borgtog geweier is, appelleer in die hooggeregshof in Johannesburg teen die vonnis. Gauteng se waterkrisis verdiep - ons praat met 'n waterkenner oor die benarde situasie.
47 min