Skip to content
zeno
Create a Station
Explore
Podcasts
Audiobooks
Bible
By Genre
By Location
By Language
Religious
Music
News
Download App
Opens in a new window
Toggle Sidebar
zeno
RSG
Radioteater
Performing Arts
Afrikaans
Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.
Website
Episodes
Episodes
300
22 October 2026
Stinkhout deur Philip Rademeyer (Deel 1)
Wat gebeur wanneer ’n terugkeer huis toe jou weer met die verlede konfronteer? Ná sy broer se dood, keer Louw terug na die kleinhoewe van sy kinderjare, waar hy met sy pa Gert herenig word. Ou wonde word oopgekrap soos hulle die waarheid probeer vermy deur mekaar te toets, te blameer en te beledig. Maar die waarheid bruis binne ‘n enorme witstinkhoutboom, ‘n dekadeslange getuie van alles wat op...
46 min
15 October 2026
PIETER SE PA deur Niel Steenkamp
Herman is in sy skik dat sy dogter met Pieter wil trou. Sy vrou twyfel egter oor Pieter se herkoms. Wanneer sy met foto’s van meisies uit Herman se jong dae te voorskyn kom, moet hy vinnig verduidelik dat al daardie romantiese afsprake op fiasko’s uitgeloop het. Die regisseur is Thomas van Niekerk, en die rolverdeling sluit in Dirk Stolz, Esther van Waltsleben, Mila Guy, Chloe van Rooyen, Ane...
55 min
08 October 2026
TUIMELDUIF deur Morné Malan
'n Tweeling broer en suster van Mosselbaai word ná jare herenig om hulle ma se sewentigste verjaardag te vier. Saam word die Van Rensburgs gekonfronteer deur nuwe familie-uitdagings soos progressiewe Alzheimer se siekte, ou verwyte wat weer kop uitsteek en onverwerkte verlies wat hulle dwing om moeilike waarhede in die oë te kyk. Die verhaal is 'n herontdekking van die krag van vergifnis en...
1 h 4 min
01 October 2026
JOSHLIN – MEER AS ’N NAAM deur Herschelle Benjamin
Vir die radio verwerk deur Henriëtta Gryffenberg. ’n Ma word, gekonfronteer met die verdwyning van haar elfjarige seun tydens ‘n hofsaak wat in die kollektiewe gewete aangehoor word. In hierdie vreemde hofsaal van openbare mening en oordeel is daar ’n groep kinders wat soos ’n spookagtige koor uit ’n tussenwêreld die verrigtinge bywoon. Joshlin se opspraakwekkende verhaal dreig egter om die...
1 h 6 min
25 June 2026
LIESBET deur Leon van Nierop
Liesbet (die naam van ‘n lokomotief waarin Koningin Elizabeth volgens oorlewering ook gery het en die fluit getrek het) word van vergange se dae teruggebring, wanneer ‘n ou stoker, Absolom, deur ‘n hotelgroep aangesê word om ‘n lokomotief te restoureer, en toeriste gereeld na ‘n stasie te vervoer waar ‘n hotel pas gebou is. Hy ontmoet ‘n skoolseun, Gieljan, wat disleksies is, en wat saam met hom...
59 min
18 June 2026
DIE POTPLANT deur Karli Heine
‘n Klompie verwaarloosde plante in ’n kantoor is ongelukkig met hulle omstandighede. Hulle besef hulle kom al hoe nader daaraan om te vrek, en probeer onmiddellik planne beraam om te oorleef. Met ’n paar verwikkelinge en struikelblokke, soos Ontvangs se haarsproei, wonder hulle oor ’n paar goed: Wie is nou eintlik die vyand - Vismot, die grommige-gogga wat aan alles knaag, óf die ledematiges wat...
38 min
11 June 2026
AMADEUS deur sir Peter Shaffer (Vertaal en verwerk deur Nerina Ferreira)
Antonio Salieri is die afgetrede hofkomponis van die keiser Josef II, maar nou sit hy in sy blyplek in Wene en besluit om iets te bely... Hy vertel van sy eerste ontmoeting met 'n ander komponis, Wolfgang Amadeus Mozart. Mozart was 'n wonderkind en van jongs in aanvraag regoor Europa. Salierie, daarenteen, was 'n bra gemiddelde komponis en die tweestryd tussen hom en Mozart is iets wat nou nog by...
1 h 29 min
11 June 2026
FRANK & GLADYS deur Tom Stoppard (vertaal deur Roy Niemann)
Frank skakel die telefoondiens wat die korrekte tyd aandui, maar herken dadelik die vrouestem aan die ander kant van die lyn. Dis sy oorlede vrou, Gladys! Hy besluit om die gebou wat hierdie diens lewer, binne te vaar, en te eis dat die owerhede sy vrou vrylaat. Die spelers is Lourens Cillié, Leona Rich, Dawie Ackerman, Trudie du Plessis, Louw Verwey, Kitty Albertyn, Amanda Muller, Paul Malherbe,...
29 min
04 June 2026
EEN, TWEE, DRIE, BLOK MYSELF deur Karen Wessels
Wanneer ’n aantreklike vreemdeling, Walter, opdaag en haar wêreld stadig begin ontwrig, word dit duidelik dat alles nie pluis is nie. Soos Monika se werklikheid begin verbrokkel, word die jy meegesleur in ’n spanningsvolle onthulling van verborge geheime, skuldgevoel, en ’n verlede wat weier om begrawe te bly. Die drama word gedra deur intense dialoog, atmosferiese klankontwerp en musiek wat as...
56 min
28 May 2026
HARTSAKE deur Joe Kleinhans
In die wêreld van sepies en skyn, is daar soms net een storie wat te na aan die hart lê. Wanneer ’n akteur, wat ’n dokter in ’n sepie speel, in die hospitaal beland, vervaag die grense tussen fiksie en werklikheid. HARTSAKE is ’n moderne tragedie wat diep delf in die psige van liefde, verlies en die stille brutaliteit van alledaagse verhoudings. Met Robbie Wessels, Renske Jacobs, Kaz McFadden,...
58 min