zeno
Create a Station
Explore
Religious
Music
News
Podcasts
Bible
By Genre
By Location
By Language
Download App
Toggle Sidebar
zeno
RSG
Radioteater
Performing Arts
Afrikaans
Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.
Website
Episodes
300
23 April 2026
KALAHARI STERRE deur Adam Willemse
Drie vriende en hulle jong bestuurder vertrek op ‘n reis na die dorpie Askam. Dit blyk nie net ‘n gewone reis te wees nie, maar ook ‘n ontdekkingsreis, ‘n reis na self, na identiteit en aanvaarding. Boeta, Benji, Lulu en Paul bied ʼn vertoning aan, wat dit waag om die ander sy van menswees uit te beeld vir ʼn konserwatiewe landelike gehoor. Ten spyte van veral Boeta en Paul se kommer, is die...
58 min
16 April 2026
SUIKERBEK deur Ingrid Penzhorn
Carolien is ’n mediese student wat finansieel noustrop trek. ’n Medestudent, Saskia, vertel haar hoe sy maklik geld kan verdien deur ’n gesellin vir ’n welgestelde man te wees. Aanvanklik is sy baie bang, maar heel gou geniet sy Chris Claassen se geselskap en wat sy saam met hom beleef. Totdat sy ’n besope prof. Albertyn op ’n partytjie raakloop, en hy hom onbetaamlik gedra. Nadat sy afgestudeer...
49 min
09 April 2026
GEBAKTE PERE deur Karin du Toit
Marnus se eerste dag op universiteit kon nie met ’n groter skok begin het nie. Emma daag ná maande se stilswye skielik by die woonstelblok waarin hy sal tuisgaan op met die nuus dat hy die pa van ’n kind is. Sy laat die baba in die drie woonstelmaats se sorg, en sê sy het die fopspeen in haar motor vergeet. Sy kies die hasepad. Vyf dae lank het die drie probeer huishou met klein Peertjie, en...
51 min
03 April 2026
DIE HERBERGIER deur Esta Steyn
Die herbergier van Betlehem wat vir Maria en Josef skuilplek gegee het en saam met sy gesin die geboorte van Jesus meegemaak het, woon in Jerusalem by sy oudste seun toe Jesus 33 jaar later gekruisig word. Hulle word gekonfronteer met die onvermydelike van sy teregstelling, maar ook met konflik in der midde as hulle jongste seun saam met die tempelwag optrek om Jesus gevange te neem. Die...
49 min
02 April 2026
MEEU-RUS deur Jana Nortier
Stefan, Dawid de Kock se buite-egtelike kind, erf die familieplaas ná sy afsterwe. Elna en Hein, Dawid se kinders uit sy huwelik, betwis die testament, en roep die hulp in van Landi Arendse. Landi het egter ‘n geheim van haar eie. Die spelers is Ryno Hattingh, Kim Cloete, De Waal Stemmet, Stephanie Baartman, Christine Voorendyk en Francois van Rensburg. Die regisseurs is Christelle Webb-Joubert...
54 min
25 December 2025
'N WONDERWERK VIR KERSFEES deur Riana Scheepers
Die “wonderwerk” in hierdie drama is gebasseer op 'n werklike gebeurtenis. Dit het regtig so gebeur dat tannie Bettie Nysschen, 'n bekende en geliefde figuur van buite Wildernis, haar huisdeur se sleutel gebruik het om haar bakkie oop te sluit en weg te ry nadat haar huis aan die brand geslaan het. (Egter nie tydens Kersfees nie.) Die res van die gebeure en karakters is fiktief. Tannie Sara is ’n...
54 min
18 December 2025
PENDORING (EDMS) BEPERK deur Ampie van Straten
Die eksentrieke kopieskrywer, Gert Klopper se passie, Afrikaans, wat hy liefderik as sy “meisie” beskryf, bots met konvensionele taalreëls. Sarie, ’n jong vrou wat by Gert kom werk, is geboei deur sy ongekunstelde, avontuurlike taalgebruik, en sy sjarmante uitlatings oor sy taalliefde én haar gemmerkoekies!. Hulle humoristiese en hartlike verhouding is die hooffokus van die verhaal. Die...
46 min
11 December 2025
MISVERSTAND deur Anene Loots
Elna probeer haar wankelrige huwelik red deur vir haar man, Bert, ‘n verrassingspartytjie te reël om sy 60ste te vier. Bert raak agterdogtig, en kom tot sy eie gevolgtrekkings... Die spelers is Joanie Combrinck, Albert Maritz, Nic de Jager en Ané Fourie. Thomas van Niekerk debuteer as regisseur.
51 min
04 December 2025
VLUGVOOS deur Ronel Mostert
Die weduwee Cumi was maar vir enkele maande met André getroud voor sy hom dood op die sitkamervloer aangetref het. Hulle het mekaar in Viëtnam ontmoet waar sy op vakansie was, en is ná ‘n blitsromanse getroud. Skielik is daar verskeie geheime wat nou op die lappe kom, soos dat haar oorlede man ‘n broer en ‘n ouma het waarvan sy nie geweet het nie. Hulle was ook nie van haar bestaan bewus nie. Sy...
52 min
27 November 2025
VERMIS, OPHELIA deur Maria Vos
Nella kuier op ’n klein kusdorp om haar ouers te help intrek, maar nadat sy met die uitpakslag ’n klompie glase breek, besluit haar ma sy wat Nella is moet eerder die plaaslike kerkbasaar se reëlings oorneem. Dié eenvoudige guns ontaard in ’n besonder stresvolle geleentheid toe ’n boer met die verkeerde soort skenking opdaag, en die buurdorp se oorbedrywige polisiesersant die kleinvee aan die...
52 min