zeno
Home
Explore
Religious
Music
News
Podcasts
Bible
By Genre
By Location
By Language
Download App
Log in
Sign up
Toggle Sidebar
zeno
RSG
Radioteater
Performing Arts
Afrikaans
Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.
Website
Episodes
300
20 November 2025
EINDFLUITJIE deur Albert Short
Waar was jy tydens die 1995 Rugby Wêreldbeker-eindstryd? Onthou jy nog Stransky se skepskop? Regisseur Johan Rademan was saam met Heinrich Marnitz 30 jaar gelede in die kommentaarspan, en al die aksie en drama word verweef in Albert Short se radioteater, EINDFLUITJIE. ‘n Seun wie se droom om eendag die groen-en-goud te dra, het nie kaartjies vir die eindstryd nie, maar beland langs die...
57 min
13 November 2025
DESEMBERSTERRE deur Helena Hugo
Die lewe van bekende sepiesterre prikkel die verbeelding van Jan Alleman. Voorblaaie vertel die stories van hulle lewe agter die kameras. Deesdae neem sterre die storie in hulle eie hande, en deel dit op sosiale media. Dit vertel steeds net geselekteerde en soms gepoetste weergawes van wat die sterre en die vervaardigers met ons wil deel. DESEMBERSTERRE bied ‘n humoristiese kyk op die regte lewe...
58 min
06 November 2025
DAAR LEEF MENSE DAAR deur Athol Fugard
Die drama speel af in ‘n vervalle losieshuis in Johannesburg. Millie, die middeljarige eienaar van die losieshuis, wat afgesonder en onvergenoegd voel, probeer tevergeefs die aandag van ‘n lang verlore kennis trek. Sy beraam planne om vir die buitewêreld te wys dat haar lewe en haar huis nog ‘n plek is waar mense kan leef. Die loseerders word opgekommandeer om haar met hierdie planne by te staan....
1 h 15 min
30 October 2025
TWEE GRAFGRAWERS EN ‘N MELKHOUT deur Jaco Versveld
Bruce en Brendan grawe saam grafte. Albei om verskillende redes. Bruce spaar vir ‘n operasie sodat sy siek kind weer kan loop. Brendan dien gemeenskapsdiens uit vir bedrog. Of só sê hy... Wanneer Brendan skielik agterdogtige vrae begin vra oor die begraafplaas en hoe dinge daar werk, begin Bruce wonder of daar meer as net ‘n kis en ‘n kluit by Brendan se belangstelling betrokke is. Die drama is...
1 h 3 min
23 October 2025
GENADE, PROFESSOOR! deur Nico Luwes
Die Rachmaninoff-liefhebbende professor Weiss is peinsend besig met die taak om sy geliefde musiekdepartement te probeer red. Met die soeke na oplossings word dit baie duidelik dat nie alles in sy departement se kluis pluis is nie: kontant-kaartjieverkope by konserte verdwyn spoorloos. Dit word sy en sy kollega, mev. Schimper, se taak om die raaisel op te los, maar daar is ‘n moontlikheid dat...
49 min
16 October 2025
‘N STASIE IN DIE NIET deur Chris Barnard
Chris Barnard het hierdie radiodrama in 1970 geskryf. ’n Man se huwelik is op die rotse. Hy knoop ‘n verhouding aan met ‘n veel jonger vrou. Dit speel af in ‘n hotel langs die see, met deurlopende terugflitse. Die trein word ingespan as leitmotief en bindende metafoor. Die akteurs in hierdie “herverbeelde” radiodrama is: Anrich Herbst, Karli Heine en Neels van Jaarsveld. Frieda van den Heever het...
1 h 41 min
02 October 2025
DIE BESOEKER deur Herman Cronjé
‘n Dertienjarige meisie is dood in ’n tref-en-trap-ongeluk in die jare 90. Die ongeluk het naby Truida en Karel Conradie se huis plaasgevind. Die twee moet iets van die ongeluk weet, want Karel neem sy eie lewe, en Truida word jare later gediagnoseer met ’n erge geestessiekte. Marko, hulle seun, vind die waarheid uit wanneer hy en ’n vriend ‘n toegeboude agterdeur in die kombuis ontdek. Hierdie...
1 h 6 min
26 June 2025
DIE DAMHUIS deur Reinet en Dirk Nagtegaal
Wat deesdae die Damhuis-restaurant op Melkbosstrand aan die Weskus is, was nagenoeg 240 jaar gelede deel van die plaasopstal van ene kaptein Christiaan Brand. Toe die kaptein, sy vrou Gesina, en twee slawe, Kassien April en ’n jong vrou genaamd Mali, n die laat 1700’s daar aangekom het, was daar niks. Net melkbosse. Hulle het jare lank aan ’n woonhuis en ’n visskuur gebou waarin die Brands...
1 h 8 min
19 June 2025
DIE LAASTE ONTSNAPPING deur Stefaans Coetzee en Annerle Barnard
Lupin, ʼn gewese restauranteienaar (65), hou die rekord vir die meeste ontsnappings uit Suid-Afrikaanse tronke. Hy wil nie in die tronk sterf nie, maar is te oud om te ontsnap. Hy vra vir Roux Steyn, die antiheld van Sel 6, om hom dood te steek. Roux weier – hy is immers ‘n bendelid en dwelmsmous, nie ’n moordenaar nie. Hy besluit om eerder vir Lupin te help ontsnap. Maar, gevangenes kan tot twee...
1 h 0 min
12 June 2025
BROODLYN deur Hein Poole
As kind het Franklyn die besluit gemaak om nooit weer onder die broodlyn te lewe nie. Hy sal self bepaal waar die broodlyn lê. Maar regverdig die doel altyd die middele? As enkelouer het hy altyd sy seuns eerste geplaas, maar dié twee het hulle eie agendas. Hoe gemaak as jou gesag skielik bevraagteken word, jou naastes jou verraai, en dit lyk asof jy nie eers op jou eie geheue kan staatmaak nie?...
1 h 6 min