
About
Wat is die christen se verantwoordelikheid teenoor God en teenoor naaste wat woorde en waarheid betref? Hoe kan ons broers en susters, asook diegene buite die kerk, se beeld en eer beskerm? Hoe vermy ons en staan ons teen die verskillende vorme van lieg en bedrieg in praktyk? Moet ons soms net stil bly ten einde die "vuur" van kwaadpraat te blus? Bereken die effek van jou woorde en toets of dit God gaan verheerlik.