Ep. 276 - Mbalula se karwagte en Kunene se kakkerlakke
07 August 2025

Ep. 276 - Mbalula se karwagte en Kunene se kakkerlakke

Podlitiek

About
In vandag se episode gesels Ernst en Louis oor Fikile Mbalula se rassistiese uitlatings tydens die perskonferensie na afloop van die ANC se NUK-vergadering. Hy het onder meer die eerste Afrikanervlugtelinge na die VSA "karwagte" genoem – wat dit ookal veronderstel is om te beteken.
 
Daarna kom die jongste haatspraak-uitspraak ter sprake. Kenny Kunene is deur die hof verbied om Malema voortaan weer 'n kakkerlak te noem, aangesien dit op haatspraak sou neerkom. Terwyl dit vir Malema steeds baie belangrik is dat die hof bepaalde ander uitlatings nié as haatspraak beskou nie.

Die Podlitiek-span bestaan uit:
Louis Boshoff
Ernst van Zyl
Arno Roodt