‘n Diepe musikale reis met klavier en viool tydens ‘Fantasy’ in Potch hierdie September
09 September 2025

‘n Diepe musikale reis met klavier en viool tydens ‘Fantasy’ in Potch hierdie September

OFM

About
Sluit aan by die bekende violis Piet Koornhof en die bekroonde pianis Jana Mathee vir 'n voortreflike aand van kamermusiek by die Skool vir Musiek, NWU. Hierdie konsert bring 'n boeiende program van werke deur van die mees innoverende komponiste van die 20ste en 21ste eeue bymekaar. Jana Mathee sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te gesels oor die verhouding tussen viool en klavier en om luisteraars te nooi na die NG Kerk Vyfhoek vir die besonderse aand van musiek. Kaartjies is beskikbaar by Quicket.