Sadou kap Trump, Rubio oor vals Afrikaner-bewerings
14 November 2025

Sadou kap Trump, Rubio oor vals Afrikaner-bewerings

Nuus

About
Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie sê hy veroordeel wat hy noem die vals en opruiende bewerings van Amerika se president, Donald Trump, en minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio. Volgens berigte sê Trump en Rubio Afrikaners is slagoffers van volksmoord en hul grond en plase word onwettig afgeneem. Sadou se woordvoerder, Nomusa Cembi, sê hulle beskou die vals bewerings as polities opportunisties en bedoel om rassevrees en -skeiding vir politieke voordeel te gebruik: