Erongo-streek gereed vir passasierskip-toeriste
22 October 2025

Erongo-streek gereed vir passasierskip-toeriste

Nuus

About
Die passasierskip-seisoen is hier en die Erongo-streek is gereed om 'n toestroming van internasionale besoekers te verwelkom. Die Walvisbaai-hawe sal na verwagting byna 40 passasierskepe tussen Oktober vanjaar en Oktober 2026 ontvang, wat na raming 79 000 passasiers sal bring. Dit sal na verwagting 'n beduidende hupstoot aan toerisme in die streek gee. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Erongo se hoofstreekbeampte, Mupenzeni Ntelamo, bevestig dat die streek goed voorbereid is.