BoN werk aan OTM-probleme met nuwe geld
04 October 2025

BoN werk aan OTM-probleme met nuwe geld

Nuus

About
Daar is toenemende kommer dat Namibië se nuwe banknote en muntstukke deur OTM’s en dobbelmasjiene verwerp word. In reaksie hierop sê die Bank van Namibië dat hulle saam met verskaffers, kommersiële banke en ander vennote werk om die integrasie van die nuwe geldeenheid te bespoedig. Sommige masjiene aanvaar glo nie die onlangs bekendgestelde note nie, insluitend die 30- en 60- dollar gedenknote. Naufiku Hamunime, die waarnemende adjunkdirekteur vir kommunikasie by die sentrale bank, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.