zeno
Home
Explore
Religious
Music
News
Podcasts
Bible
By Genre
By Location
By Language
Download App
Log in
Sign up
Toggle Sidebar
zeno
Kosmos 94.1
Nuus
News
Afrikaans
Kry die nuus soos dit breek.
Website
Episodes
150
14 November 2025
Op'ie Kantlyn
Kry die nuus soos dit breek.
3 min
14 November 2025
Die dag wat was
Kry die nuus soos dit breek.
4 min
14 November 2025
Unam kry unieke dubbel-akkreditasie
Die Universiteit van Namibië het die eerste hoëronderwysinstelling in die land geword wat volle, gesamentlike akkreditasie van beide die Namibiese Kwalifikasie-owerheid en die Nasionale Raad vir Hoër Onderwys ontvang het. Na 'n streng nasionale hersiening bevestig hierdie mylpaal dat alle Unam-kampusse en nagraadse programme aan die hoogste nasionale en internasionale standaarde voldoen....
0 min
14 November 2025
Sadou kap Trump, Rubio oor vals Afrikaner-bewerings
Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie sê hy veroordeel wat hy noem die vals en opruiende bewerings van Amerika se president, Donald Trump, en minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio. Volgens berigte sê Trump en Rubio Afrikaners is slagoffers van volksmoord en hul grond en plase word onwettig afgeneem. Sadou se woordvoerder, Nomusa Cembi, sê hulle beskou die vals bewerings as...
0 min
14 November 2025
Namibia Air 'nodig, moet reg aangepak word'
Reaksie word ontvang op vervoerminister Veikko Nekundi se aankondiging dat die kabinet die naam vir die land se nuwe nasionale lugredery goedgekeur het. Dit sal as Namibia Air funksioneer en sal na verwagting in die volgende boekjaar vorm aanneem. Kosmos 94.1 Nuus het met 'n voormalige Air Namibia-vlieënier Vijay Jha gepraat, wat sy mening oor die verwikkelinge gee.
0 min
14 November 2025
Kahnrivier vloei, Karibib-Usakos ompad onveilig
Swaar reën en oorstromings het konstruksiewerk aan die T0701-ompad tussen Karibib en Usakos ontwrig, met die pad wat oorstroom is. Die Kahn-rivier vloei ook sterk. Die padowerheid se woordvoerder, Hileni Fillemon, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die ompad nou onveilig is, en motoriste sal oor 'n hoofpadbrug naby Usakos, wat tans onder konstruksie is, gelei word totdat toestande verbeter.
0 min
14 November 2025
Justisieminister trek aansoek oor landdros-staking terug
Justisie- en arbeidminister Wise Immanuel het besluit om nie voort te gaan met 'n dringende hofaansoek om 'n sloerstaking deur landdroste te probeer stopsit nie. Tydens die verrigtinge het prokureurs vir die landdroste hofverslae aangebied wat toon dat ontwrigtings in bedrywighede grootliks veroorsaak is deur tegniese probleme eerder as industriële aksie. Waarnemende regter Christie Liebenberg...
0 min
14 November 2025
Regering moet dobbelinkomste-planne los, dit sal skade aanrig
Ekonoom Omu Kakujaha-Matundu waarsku dat Namibië se pogings om die dobbelbedryf uit te brei meer skade as goed kan doen. Dobbelinkomste het van net meer as 9 miljoen Namibiese dollar in 2022/23 tot 32 miljoen dollar verlede jaar gestyg. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het hy gesê dat hoewel die regering nou hoop om teen 2030 meer as 100 miljoen dollar in dobbelinkomste te genereer onder die...
0 min
14 November 2025
Sonkrag-installering te duur vir net groenskemas, sê kundige
Staatsbeheerde groenskemas het 34,9 miljoen Namibiese dollar aan elektrisiteit bestee in die 2024/2025-boekjaar, wat 'n dringende behoefte aan kostebesnoeiing en bedryfshervormings aan die lig gebring het. Groenskemabestuurders is aangemoedig om slimmer kraggebruikstrategieë aan te neem, soos stuk-stuk besproeiing, die gebruik van veranderlike spoedaandrywings en die integrasie van...
0 min
14 November 2025
VSA justisiedepartement dagvaar Kalifornië oor kongreskaarte
Die Amerikaanse Departement van Justisie dagvaar die staat Kalifornië oor die Demokrate se nuwe kongreskaart wat kiesers verlede week oorweldigend goedgekeur het. Voorstel 50 is 'n grondwetlike wysiging wat die kongresgrense aanpas om Demokrate 'n kans te gee om vyf setels wat nou aan Republikeine behoort, af te neem in volgende jaar se middeltermynverkiesing. Prokureur-generaal Pam Bondi het aan...
0 min