Sondag tot Sondag: Raakpunt #3 – Jy gaan nie altyd arriveer nie… en dis oukei
26 August 2025

Sondag tot Sondag: Raakpunt #3 – Jy gaan nie altyd arriveer nie… en dis oukei

NG Wierdapark

About

In hierdie derde en laaste episode van die Raakpunt-reeks gesels Pieter en Morné eerlik oor die lewensritme van doelwitte, energie, en die dryfkrag agter ons daaglikse gejaag.

Hulle delf in vrae soos:

    Hoe weet ’n mens wanneer genoeg regtig genoeg is?Is selfverbetering net nog ’n vorm van jaag?Wat gebeur wanneer jy besef die bestemming bring nie altyd vervulling nie?

Deur stories van energiedrankies, moegheid agter die stuurwiel, en staptogte sonder ’n eindpunt, word ’n pad oopgetrap na eerlikheid, teenwoordigheid, en genade met jouself. Dis ’n uitnodiging om stadiger te beweeg — nie omdat jy moedeloos is nie, maar omdat jy doelgerig wil leef.