Geplant in die Huis van die Here - Gebedsbegeleiding uit Psalm 92
29 August 2025

Geplant in die Huis van die Here - Gebedsbegeleiding uit Psalm 92

NG Wierdapark

About

In hierdie gebedsbegeleiding uit Psalm 92:12–15 word ons genooi om onsself te sien soos bome wat stadig en seker groei — palmbome en seders, geplant in die Here se huis. Die teks herinner ons dat selfs in die gryse ouderdom ons nog vrug kan dra en groen kan bly.

Met sagte ritme en stil oomblikke skep hierdie episode ruimte om jou eie lewe te beleef as gewortel in God se teenwoordigheid. ’n Uitnodiging: om stil te wees, om te rus, en te vertrou dat God jou versorg en jou laat groei.