Skip to content
zeno
Create a Station
Explore
Podcasts
Audiobooks
Bible
By Genre
By Location
By Language
Religious
Music
News
Download App
Opens in a new window
Toggle Sidebar
zeno
RSG
Monitor
News
Afrikaans
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Website
Episodes
Episodes
300
27 October 2026
Monitor: Gevalle van maagdermontsteking in Bronkhorstspruit neem toe
27 Oktober 2026: Die aantal maagdermontsteking-gevalle in Bronkhorstspruit styg tot 833. Die voormalige Vlakplaas-bevelvoeder sê die NVG het versuim om sy werk te doen. Wat lok swart kiesers na die Vryheidsfront Plus? Ons praat met die party se leier en 'n ontleder.
47 min
26 October 2026
Monitor: Parlement eis optrede oor waterkrisis in Tshwane
26 Oktober 2026: Die polisie loof 'n beloning uit ná 'n skietvoorval in Lavender Hill op die Kaapse Vlakte. Die parlement eis optrede oor die waterkrisis in die Tshwane-metro. Boere in Limpopo lei groot finansiële verliese weens die uiters swak toestand van die R572-pad.
46 min
23 October 2026
Monitor: Witskrif oor plaaslike regering bekendgemaak kort voor verkiesing
23 Oktober 2026: Die regering stel die finale hersiene witskrif oor plaaslike regering bekend. 'n Belangrike bedrogsaak waarby spioene betrokke is, sal in die openbaar gehou word. Die Minister van Finansies reageer skerp op beskuldigings dat die verligting in brandstofheffings 'n politieke set is om stemme te werf.
51 min
22 October 2026
Monitor: Effe verligting vir motoriste
22 Oktober 2026: Effe verligting vir motoriste. Politieke partye reageer uiteenlopend op die mediumtermyn-begrotingsraamwerk. Die polisie is op soek na rekrute uit minderheidsgroepe.
52 min
21 October 2026
Monitor: Sal die minister van finansies brandstofprysverligting aankondig?
21 Oktober 2026: Motoriste hoop dat die minister van finansies verligting by die brandstofpomp sal aankondig. Kritiek teen die stiging van die Rooivleisforum. Ons vind uit watter stappe die regering sal neem, nadat talle inwoners in die Bronkhorstspruit-omgewing maag- en dermsiektes opgedoen het.
51 min
20 October 2026
Monitor: Mbeki ontken inmenging in vervolging van WVK-sake
20 Oktober 2026: Oudpresident Thabo Mbeki ontken inmenging in die vervolging van die Waarheid- en Versoeningskommissie-sake. Wat wil die Vryheidsfront Plus bereik met sy dispuut in die RNE oor AGOA.'n nuwe boek vertel Roelf Meyer se politieke- en lewensverhaal.
48 min
19 October 2026
Monitor: Wat is Trump se doel met opskorting van Rusland-sanksies?
19 Oktober 2026: November se SASSA-uitbetalings gaan vroeër plaasvind. Net vyf van die Ekurhuleni-metro se 37 swembaddens in 'n werkende toestand. Wat voer president Trump in die mou met die opskorting van sanksies teen Rusland?
48 min
16 October 2026
Monitor: Nóg ’n skerp styging in brandstofprys?
16 Oktober 2026: Die OVK sê hy sal die Konstitusionele Hof se bevel oor kandidaatlyste uitvoer. Nog 'n skerp styging in die brandstofprys voorspel. Miljoene Suid-Afrikaners ly honger, maar wat doen die regering aan dié probleem? Ons praat met die Minister van Landbou, Willie Aucamp.
49 min
15 October 2026
Monitor: PAGAD se herverskyning op die Kaapse Vlakte
15 Oktober 2026: 'n Verdagte sal na verwagting vandag in die hof verskyn in verband met die skietery in Katlehong aan die Oos-Rand wat die lewens van vier lede van die ANC-jeugliga geëis het. Ons praat met die polisie se voormalige misdaadintelligensie-operateur, David Africa, oor die herverskyning van PAGAD op die Kaapse Vlakte. Rioolwater in Hartebeespoortdam wek opnuut kommer.
49 min
14 October 2026
Monitor: Nasionale Verbruikerskommissie onder skoot oor telebemarkerriglyne
14 Oktober 2026: Die Nasionale Verbruikerskommissie se riglyne om telebemarkers te beheer, kom onder skoot. Die regering se pogings om met landsburgers te kommunikeer word dikwels deur waninligting gefrustreer - ons praat met 'n adjunk direkteur-generaal van die regering se kommunikasie-en-inligtingstelsel-afdeling hieroor. City Power in Johannesburg tree teen die sindikate op agter onwettige...
49 min