Skip to content
zeno
Create a Station
Explore
Podcasts
Audiobooks
Bible
By Genre
By Location
By Language
Religious
Music
News
Download App
Opens in a new window
Toggle Sidebar
zeno
RSG
Monitor
News
Afrikaans
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Website
Episodes
Episodes
300
06 October 2026
Monitor: Pleidooie vir brandstofprysverligting
6 Oktober 2026: Met hemelhoë brandstofprysverhogings vanaf middernag, rig politieke partye en vakbonde 'n dringende versoek vir prysverligting. Kommer oor 'n ten-alle-koste-wen mentaliteit in skolesport. 'n Groot internasionale toekenning vir die Suid-Afrikaanse kunstenaar Zanele Muholi.
48 min
05 October 2026
Monitor: Die Weermag bestee miljarde aan private huurvlugte
5 Oktober 2026: Die Weermag bestee bykans R4,2 miljard aan private huurvlugte. Iran sê die Straat van Hormoes bly gesluit tot die VSA aan sewe voorwaardes voldoen. ’n Herrie dreig oor die Minister van Polisie en sy voorganger se jaarlikse gesamentlike salaris.
48 min
02 October 2026
Monitor: Herrie oor skildery van Krotoa
2 Oktober 2026: Die uittredende polisieombud van die Wes-Kaap, Oswald Reddy, sê die kaping van die polisiediens deur bendes bly 'n reuse uitdaging. Die MRK reageer op die onlangse massaskietvoorvalle. ‘n Herrie is los oor 'n skildery, wat die stammoeder Krotoa uitbeeld.
48 min
01 October 2026
Monitor: Brondstofprysskok wag op motoriste
1 Oktober 2026: 'n Yslike brandstof-skok wag op motoriste. Operasie Shanela neem in 'n week meer as 14 000 verdagtes in hegtenis, maar daar is kommer oor die uiteindelike skuldigbevindings. Is die jongste onderonsie tussen die regering en die Amerikaanse ambassadeur die AGOA-doodskoot vir Suid-Afrika?
47 min
30 September 2026
Monitor: Werkloosheid neem toe in tweede kwartaal van 2026
30 September 2026: President Ramaphosa sê 50 000 gevalle van geslagsgeweld en vrouemoord en meer as 36 000 gevalle van verkragting is in die 2025/26 boekjaar aangemeld. Massa-skietvoorvalle by tavernes plaas opnuut die kollig op die bedrywighede van dié drankplekke. Minder mense het werk gehad in die tweede kwartaal van 2026.
47 min
29 September 2026
Monitor: R6 miljard vloei onwettig uit SA weens swak regulasies en beheermaatreëls
29 September 2026: Politieke partye is diep bekommerd oor die voortgesette massaskietvoorvalle. Ons verduidelik hoe die kandidatelys-fiasko die ANC duur te staan kan kom in die Mangaung-metro. 'n Beraamde R6 miljard vloei onwettig uit Suid Afrika weens swak finansiële regulasies en beheermaatreëls oor veral sake-ondernemings in die sogenaamde townshipekonomie.
47 min
28 September 2026
Monitor: 27 Dood in naweek van ongebreidelde misdaad
28 September 2026: 'n Naweek van ongebreidelde misdaad landwyd eis minstens 27 lewens. 'n Nuwe databasis van sowat vier miljoen slawe in voormalige Britse kolonies - ook Suid-Afrika - word aanlyn bekendgestel. Action SA stel sy verkiesingsmanifes bekend.
48 min
25 September 2026
Monitor: Bek-en-klouseer steek kop uit in Namibië
25 September 2026: 164 Suid-Afrikaners is reeds vanjaar in 38 voorvalle van massaskietery dood. Die One Billion Rising South Africa-organisasie betoog teen vrouemoorde in Kaapstad. Bek-en-klouseer steek kop uit in die Kharas-streek in Namibië.
49 min
24 September 2026
Monitor: Trump oorweeg verbod op Amerikaanse dieseluitvoere
24 September 2026: Die Reserwebank sê sy besluit om die repokoers met 25 basispunte te verhoog, is 'n voorsorgmaatreël teen prysskokke. Die polisie in KwaZulu-Natal sal met inwoners van die Ziko-gebied praat om die skuldiges in die moord op elf mense by 'n partytjie op te spoor. Ons bekyk ons erfenis as Suid-Afrikaners van verskillende kante.
48 min
23 September 2026
Monitor: Styging in rentekoerse in die vooruitsig
23 September 2026: 'n Verhoging in die repokoers blyk onafwendbaar te wees. Bela-Bela se inwoners stig 'n politieke party vir die plaaslike verkiesing. 'n Kaapse prokureur vra vir 'n nasionale kode vir skolerugbywerwing.
47 min