
About
Erge veldbrande woed steeds onverpoos op verskeie plase in die Khomas-streek en berigte van groot skade sirkuleer wyd op sosiale media en WhatsApp-groepe. Teen Saterdagaand het die brand na die Daan Viljoen-omgewing versprei. In die Khorixas-omgewing duur ‘n veldbrand reeds verskeie dae oor ‘n baie groot gebied. Terugvoering uit Kunene dui op ‘n tekort aan mannekrag en toerusting om die brand te stuit. Die goewerneur van die Kunene-streek, Vipuakuje Muharukua, het mense vermaan wat brande veroorsaak: