
About
President Donald Trump sê stralers van Venezuela wat oor Amerikaanse vlootskepe vlieg en dit bedreig, sal afgeskiet word. Die president se waarskuwing kom nadat Venezuela vir die tweede keer in twee dae militêre vliegtuie naby 'n Amerikaanse vaartuig naby Suid-Amerika laat vlieg het. Dit volg ná Amerika vroeër die week ‘n boot van Venezuela aangeval het wat na bewering dwelms karwei het en waarin elf mense dood is.