Skip to content
Opens in a new window
Matlala gewaarsku oor weiering om vrae te beantwoord
27 August 2026

Matlala gewaarsku oor weiering om vrae te beantwoord

Kosmos 94.1

About
Kommissaris Sesi Baloyi van die Madlanga-kommissie het Woensdag die sakeman Vusimuzi "Cat" Matlala gewaarsku sy herhaalde weiering om vrae te beantwoord kan ernstige gevolge inhou. Matlala het geweier om vrae te beantwoord oor die voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, Lesetja Senona. Baloyi sê getuies mag slegs weier om vrae te beantwoord as die inligting deur die reg beskerm word of wanneer antwoorde teen die getuie gebruik kan word: