
About
Die Gautengse premier Panya Lesufi sê die regering sal voortgaan om sy stryd teen onwettige mynbou en georganiseerde misdaad te versterk. Dit volg na die dood van twee lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag nadat hulle Vrydag tydens operasies teen onwettige mynbou in 'n skag by 'n verlate myn in Florida, wes van Johannesburg, geval het. Regeringswoordvoerder, Sizwe Pamla, sê die regering sal nie ophou om wet en orde te herstel nie: