About
Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, sê ʼn verdagte is aangekeer in verband met een van die moorde wat in Julie in Kemptonpark, Ekurhuleni, gepleeg is en die polisie soek na nog ʼn persoon van belang. Agt vroue se liggame is die afgelope twee maande in die metro ontdek. Dimpane sê van die slagoffers is onbekend en sy vra families, veral in die Kemptonpark-gebied, om na vore te kom indien hulle weet van enige familielid wat verdwyn het: