Opens in a new window
Inwoners in Informele nedersettings suip aan agterspeen
20 July 2026

Inwoners in Informele nedersettings suip aan agterspeen

Kosmos 94.1

About
Inwoners van informele nedersettings in Windhoek – veral in gebiede soos Goreangab en Havana – neem toenemend die reg in eie hande in reaksie op 'n toename in gewapende rooftogte en inbrake. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Shaun Gariseb, 'n gemeenskapsaktivis en woordvoerder van die Khomas Residents and Ratepayers' Association, wat sê inwoners is gefrustreerd oor stadige reaksietye van die polisie, strate sonder straatligte en 'n gebrek aan munisipale ondersteuning.