#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘The happiest place on earth’

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘The happiest place on earth’

GROOTfm 90.5
00:10:38
Link

About this episode

TLC, ‘The Love of Christ’, is ‘n kinderhuis wat 30-jaar terug deur ‘n familie gestig is, en het al vir 900 kinders families gevind. Hulle uitgangspunt is ‘we love, to let go’, en probeer so gou as moontlik om ‘n baba by ‘n familie geplaas te kry. Een van hulle groot wense is om ‘n bord buitekant die hek op te sit wat lees: ‘The happiest place on earth’. En, dis presies wat ons ervaring was met ons kuier. Wat maak hulle anders? Daar is so baie elemente! Hulle neem nie net baba’s in nie, maar soms ook hul moeders – vir wie hulle dan die fasiliteite gee om hulle eie kind te ‘foster’, soos hulle daarna verwys. TLC se personeel verwys al van vroeg af, en erken die kinders se ‘tummy mummy’ en verduidelik vir die kinders hoekom hulle nie permanent by hulle ‘tummy mummies’ kan woon nie.



TLC fokus daarop om kinders te laat behoort – ‘n baie basiese behoefte van enige mens. TLC het ‘n groot behoefte om ‘n verbintenis met die gemeenskap te ontsluit en te vestig in die kinders, wat volgens Besturende Direkteur, Pippa Jarvis, die grootste uitdaging van ons land is vandag. Pippa sê: “The need for belonging from an early age is fundamental to human development. And unless we fix that, if a child at 20 feels disconnected from the community, then they don’t have empathy or compassion. Then they steel from another and hurt one another and behave in bad and anti-social ways because they haven’t belonged to a society. They don’t understand how it feels to be loved and be important and be invested in, and we need to fix that.”



Nie net voorsien die personeel en span van TLC vir hierdie kinders ‘n tuiste, ‘n plek van veiligheid, liefde en ontferming nie, maar, wanneer die kinders aangeneem word, kry hulle ‘n foto-album. Hierdie foto-album bevat foto’s van mylpale (“milestones”) van tot hulle eerste tree, tot hulle eerste tand. Die kinders wat die huis dan verlaat, neem die album saam, sodat wanneer hulle daar weggaan, hulle nie net ‘n vertrekpunt het na hul volgende hoofstuk nie, maar ‘n verlede wat alles omhels wat so eie is aan ‘n kind met ‘n ‘normale’ opvoeding, begin en lewe. Pippa, Ellen, Tommy, die hele span, het ons harte so diep geraak. Dankie dat julle nie net waardige mense die wêreld instuur nie, maar getuienisse, stories, verhale van oorwinning. Dankie dat ons ‘the happiest place on earth’ kon ervaar. Ons paaie sal weer kruis.