#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘Nie wat jy soek nie, wat jy nodig het…’

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘Nie wat jy soek nie, wat jy nodig het…’

GROOTfm 90.5
00:09:21
Link

About this episode

Tannie Charmaine le Roux sien tans om na vyf bejaardes wat met kanker

gediagnoseer is, wat op hulle sterfbed lê. Dis nie net wat sy doen nie, dis haar hart!

Mens sal dink daar is nie meer plek in die huis of onder haar versorging nie. Maar, met

Tannie Charmaine is daar is altyd plek vir nog iemand. Hierdie iemand is Sharon Victor

en haar drie kinders – Caitlyn, Luane en Kyle. GROOTfm 90.5 het ‘n epos ontvang van

iemand wat Sharon as haar ander ma beskou, en, in hierdie epos het (óók) Charmain vir

ons gevra om by die gesin in te loer. Ons het gaan kuier.



Tannie Charmaine, by wie Sharon en haar drie kinders tans woon, praat met baie lof oor Sharon. Sy is hardwerkend, sagmoedig en ‘n besonderse mamma vir haar kinders. Elke oggend stap sy saam met al drie haar kinders skool toe, skole wat baie ver van mekaar af geleë is. Nadat Sharon die kinders veilig by die skool gekry het, meld sy aan by ‘n restaurant in Pretoria-Noord waar sy ‘n inkomste verdies as ‘n karwag. Haar grootste wens is dat haar kinders se lewe anders sal lyk as hare. Alhoewel sy sê dat sy nie haar lewe anders sou wou hê nie, as gevolg van haar kinders. Sharon is gekwalifiseerd om vir ‘n sekuriteitsmaatskappy te werk, en hoop vir ‘n eerbare werk en ‘n standvastige inkomste. Haar wil is ongetwyfeld daar. Hierdie mamma sal enigiets doen om haar kinders te beskerm, aan hulle te voorsien, en aan hulle ‘n beter lewe as nou te kan gee.



Sharon se boodskap aan iemand wat deur dieselfde teëspoed gaan, is om aan te hou glo en hoop, en dat daar mense is wat deur Hom gestuur word om te help. Kos, ‘n yskas, klere vir die kinders en ‘n wasmasjien is tans haar grootste behoeftes. Bo alles, ‘n volhoubare werk. Sy smag daarna om weer op haar voete te kom, op hierdie stadium met behulp van die engelvlerke van Tannie Charmaine.