#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

GROOTfm 90.5
00:14:39
Link

About this episode

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword…



Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil... baie. Saans as niemand my hoor nie, want ek ontstel hul net. Dis meestal van pyn.

Na die trane wat my siel skoon was sit ek by Vader se voete, dis waar ek berusting kry. Daai trane genees ook baie ánder dieperliggende emosies waarvan mens nie weet nie.

Soooo... Ek is nie altyd so braaf nie! But God.....”



Lalie het verlede jaar in ‘n hek-paal vasgeloop, waarna sy na haar been gekyk het, en moes aanskou hoe haar been vir haar ‘gaap’ as gevolg van ‘n groot sny wat sy opgedoen het as gevolg van ‘n geroeste paal wat uit die hek uitgesteek het. Haar vriende het haar in die huis ingedra, en sy haar geheue verloor. Vrydagoggend is sy na ‘n dokter toe vir steke, anti-biotika en ‘n klem-in-die-kaak inspuiting. Daardie aand het sy nie geslaap nie, en die volgende dag is sy terug na die dokter toe vir nog ‘n klem-in-die-kaak inspuiting. Met tuiskoms het sy aan die slaap geraak, en haar vriende het haar gelos, sodat sy slaap. Dis hier waar sy in ‘n koma beland het. Haar been het intussen pers geword en blase gevorm. Haar vriende het haar na die hospitaal toe gejaag waar hulle haar op ‘n ventilator gesit het. Dokters het vir haar suster gesê hulle moet haar groet. Lalie kan niks onthou nie. Die dokters het met haar suster meegedeel dat sy ‘n vleisetende bakterie opgetel het en dat hulle dadelik haar been moet amputeer.



Lalie het in Januarie vanjaar begin spaar vir prostese. Sy sê sy is iemand wat nie kan stilsit nie, en sonder ‘n been, is die vooruitsig van beweging waaraan sy gewoond is, ondraaglik. Min wetend, dat die fondse wat sy so proaktief bymekaarmaak sou gebruik word vir nog ses amputasies… Na aanleiding van ‘n hulpkreet gerig deur ‘n baie goeie vriendin, Petra Nortje, het GROOTfm 90.5 gaan kuier…