#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

GROOTfm 90.5
00:09:12
Link

About this episode

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir sy eksamen leer…Ashleigh van Dyk het ‘n hulpkreet aan ons gerig nadat haar man, Etienne, nie net sy werk tydens Covid verloor het nie, maar sy eie besigheid moes prysgee nadat hy twee beroertes gely het.



Ashleigh van Dyk, haar man Etienne, hulle seun Owen, skoonma en Ashleigh se ma is in nood gedompel. Ettiene, wat die broodwinner was, vat elke dag stap vir stap in sy pad na genesing na hy in September-maand vier beroertes gely het. Hulle mediese onkostes strek bo R90 000, maar hulle het ‘n dak bo hul koppe. Vyf mense is afhanklik van hierdie veilige vesting, en hulle huur is ook agterstallig.



Ettiene het al baie vordering getoon, en loop nie meer met sy kierie nie. Dokters-verslae toon ook geen tekens van brein- of permanente skade nie, alhoewel hy weer van voor af moet leer loop en praat. Hulle ontdek ook vier bloedklonte. Ons is dankbaar vir Ashleigh se inkomste, wat skaars die maandelikse elektrisiteit en kruideniersware kan dek. Sy is moeg en moedeloos, maar verklaar die heeltyd dat “die Here in beheer is”. Hulle gesin is ‘n gelukkige gesin, en hulle besef die pad na genesing en herstel is nog lank. Hulle is dankbaar vir mekaar, vir elke mens wat deelvorm van hulle ondersteuningsnetwerk. GROOTfm 90.5 het gaan kuier…