#JouMenseMyMense saam met SPAR – As jy niks behalwe HOOP het nie…

#JouMenseMyMense saam met SPAR – As jy niks behalwe HOOP het nie…

GROOTfm 90.5
00:09:29
Link

About this episode

Dit gaan bitter swaar met Mari en Drikus van der Merwe. Dis asof hulle omstandighede net te veel en te groot geraak het. Hulle wil opgee, maar ons weet, soos in Romeine 5:3 - 5 staan, “dat swaarkry volharding kweek, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie.” Want, dis presies wat hulle het. Hoop.

Madeleen se epos lees as volg: “Ek rig die verdien namens ‘n dierbare vriendin en oud-kollega – Mari en Drikus Van Merwe.Mari is ‘n gekwalifiseerde kleuterskool juffrou wat haar werk voor Covid al verloor het weens velkanker wat by haar gediagnoseer is. Weens die feit dat hul geen medies het nie en afhanklik is van staatsbehandeling, en die feit dat sy ‘n diabeet is, het sy haar voet verloor. Haar man, wat ook sukkel om werk te kry, probeer maar om die pot aan die kook te hou deur privaat werke te doen. Sy het aansoek gedoen vir Sassa, maar is afgekeur want volgens die owerhede, kan sy ‘n ‘sittende werk’ kry.

Op die oomblik gaan dit vreeslik sleg by hulle. Albei het geen inkomste, geen vervoer, geen kos en is uitgesit uit hul plek weens agterstallige huur. Geen noodsaaklike medikasie of voedsame kos het nou sy tol begin eis.”

Haar WhatsApp status het die oggend van ons kuier gesê: "Here sit asb iemand op ons pad.... Ons het regtig hulp nodig ek bid uit my hart uit". Na aanleiding van ‘n vriendin en oud-kollega, Madeleen, het GROOTfm 90.5 gaan kuier om hulle te help met ‘n #HOOPstoot.