
About
Unspoken War is ’n rou en eerlike vyfdelige Showmax- en M-Net-dokureeks wat lig werp op Suid-Afrika se grensoorlog – van 1966 tot 1989. Met seldsame argiefmateriaal en intieme getuienisse van voormalige soldate, SWAPO-vegters, families en historici, word die menslike prys van ’n oorlog sonder erkenning of gesprek uiteindelik oopgevlek. Die projek is persoonlik geïnspireer deur junior vervaardiger Minette van der Walt se ontdekking van haar pa se oorlogservaring. Minette sluit saam met vervaardiger Elle Oosthuizen by Sarina aan in die ateljee.