About
Het jy geweet Suid-Afrika het heelwat “luiperds” wat glad nie groot katte is nie? Van skoenlappers en motte tot paddas, skilpaaie, plante en selfs seediere – talle spesies dra die naam vanweë hul kenmerkende kolle of patrone. Die Cape Leopard Trust het onlangs hierdie interessante deel van ons land se biodiversiteit uitgelig. Jeannie Hayward van die Cape Leopard Trust sluit by Sarina aan om meer hieroor te vertel.