Aktualiteit: misdaad in Pretoria en die belangrikheid van Gemeenskapspolisiëringsforums
24 June 2026

Aktualiteit: misdaad in Pretoria en die belangrikheid van Gemeenskapspolisiëringsforums

GROOTfm 90.5

About
Misdaad bly een van die grootste uitdagings waarmee gemeenskappe in Pretoria daagliks te kampe het. Van huisbrake en voertuigmisdaad tot bedrog en veiligheidskwessies in woonbuurte – inwoners is toenemend afhanklik van samewerking tussen die SAPD, Gemeenskapspolisiëringsforums (GPF's), sekuriteitsmaatskappye en die gemeenskap self. Vandag gesels ons met verteenwoordigers van verskeie GPF's oor die stand van misdaad in Pretoria, die uitdagings waarmee hulle te doen kry en hoe inwoners self kan bydra tot veiliger gemeenskappe. In die ateljee is De Wet Ungerer - Gemeenskapsveiligheid steekshoof AfriForum Gauteng Noord, Aris Ruyter - Alpha Security Forum & Garsfontein CPF en Louis Erasmus - Brooklyn Sektor 2 GPF.