Aktualiteit: Mike Bolhuis oor spiking-insidente en algemene padveiligheid hierde Feesseisoen
17 December 2025

Aktualiteit: Mike Bolhuis oor spiking-insidente en algemene padveiligheid hierde Feesseisoen

GROOTfm 90.5

About
Motoriste op hoofroetes in en om Pretoria leef toenemend in vrees ná herhaalde voorvalle van voertuig-“spiking” wat reeds lewens geëis het. Nog ’n voorval is onlangs op die N1 aangemeld, en volgens privaat speurder Mike Bolhuis is dit deel van ’n goed-georganiseerde en uiters gevaarlike misdaadpatroon. Hy sluit nou by ons aan om meer lig te werp op hoe hierdie sindikate werk, waar die grootste risiko’s lê en wat motoriste prakties kan doen om hulself te beskerm.