Aktualiteit: Aprav bekommerd oor onreëlmatighede by Padongelukfonds
12 November 2025

Aktualiteit: Aprav bekommerd oor onreëlmatighede by Padongelukfonds

GROOTfm 90.5

About
Die Padongelukfonds (POF) is tans in die spervuur ná bewerings van wanbestuur, onwettige prosedures en grootskaalse administratiewe verval. Tydens ʼn mediakonferensie in Pretoria het die Vereniging vir die Beskerming van Padongelukslagoffers (Aprav) ’n dringende beroep gedoen op die minister van vervoer om in te gryp. Pieter de Bruyn, uittredende voorsitter van Aprav, het ernstige kommer uitgespreek oor die POF se finansiële bestuur, onwettige eisvorms en die skorsing van sleutelpersoneel... alles faktore wat duisende slagoffers sonder hul regmatige vergoeding laat.