
Send us a text
Deuteronomium 6:5 Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou hele siel en met al jou krag. (NLV)
Daar is deesdae soveel verskillende vlakke waarop mense hulleself identifiseer: godsdiens, omgewing, politiek, sosiaal, wat ook al. Ons is geneig om ons eie idees, aan een tipe raamwerk vas te pen en met daardie groep te identifiseer. Maar wat beteken dit alles?
Volgens Statista.com identifiseer ongeveer 31.6% van die wêreldbevolking hulself met die een of ander Christelike stelsel. Dit is ongeveer 2.6 miljard mense, en dit sal na verwagting teen 2050 tot 3.3 miljard groei.
Maar wat beteken dit alles? Sal elkeen van daardie mense eendag in die hemel land? Ek twyfel daaraan. As jongman het ek myself op die regering se sensusvorms as ‘Christen’ geïdentifiseer. Maar die manier waarop ek my lewe geleef het, het redelik duidelik die teenoorgestelde gesê.
Ons het almal 'n verwagting van hoe die lewe van 'n ‘sogenaamde Christen’ moet lyk. Maar, my vriend, myne het glad nie so gelyk nie. Wat van jou lewe? Noem jy jouself ‘n Christen? En hoe pas dit in met hoe jy werklik jou lewe leef?
Terwyl jy daaroor nadink, kyk wat het Moses vir die volk van Israel gesê voordat hulle die Beloofde Land binnegegaan het:
Deuteronomium 6:5 Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou hele siel en met al jou krag. (NLV)
Wanneer jy God só liefhet, kan jy dit nie help nie, dit verander die manier waarop jy leef. Hoe jy leef is nie die ding wat die deur na 'n verhouding met God oopmaak nie – dít is slegs beskikbaar deur geloof in Jesus. Maar hoe jy leef, is die bewys van jou liefde vir God.
Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou hele siel en met al jou krag.
Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY